was ons lewens vol vreug en pyn
elke dag het sy eie skat gebring
saam het ons in hierdie reënboog geleef
gelag, gespeel, mekaar se trane afgevee
tot aan die einde van die dag
more het ons weer in die reënboog
se kleure gedans, gesing en romtomtalie
saam met die kinders gedraai
gister se reënboog het ons langs
‘n oop graffie laat staan
met harseer en pyn die toekoms in laat gaan
vandag staan ons aan die einde van die reënboog
geen pot vol skatte meer vir ons
net ons, elkeen vir homself
© ANS BOTHA
Lees ander gedigte deur Ans Botha
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Swartberg
n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.