Weergawe: 5
Aantal woorde: 88
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 13 Apr 2013
deur die vaart van verbeelding
oor knobbelstrate
verby kastele en katedrale
deur tyd
verdwaal in Middeleeuse gange
deur paleise en tuine
waar verlore liefdes en verlange
in vergete wêrelde rus
en ek knus opgekrul
teen ʼn ongenadige werklikheid
waar niemand my kan kry nie
my ken of onthou nie
waar ridders en prinse op wit perde
na ʼn skoonlief soek
en jou skrywershande my lei
waar my hart kan vertoef
aan die anderkant
van vergeelde bladsye
en inkswart woorde
van ʼn boek.
© C. Potgieter 2013-04-13
Lees ander gedigte deur Charmain*
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Leonard John Holmes
Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?