Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

al wat hy vra is die Kgalagadi
gee hom net die stof en die sand
vaal gras wat pol teen 'n rooi duin
en die grou van die lug bo 'n rant

stuur tog 'n maanhaar oor die vlaktes
met sielsoë en 'n blik wat nie wyk
al stromp'lend op sy laaste vier bene
alvoor hy aan sy wonde beswyk

gee hom 'n plek wat dors na water
waar die son die velde verskroei
'n kameeldoringboom met takke
waaruit nimmer 'n blaar weer sal groei

seën hom met nagte vol sterre
en mane wat roes in hul gloei
hiënas wat lag in die skemer
en teen ligdag 'n boklam wat bloei

*

hy vra net om daar te mag wees
hy ken net een smagtende wens
om die lewende-dood Kgalagadi
te verewig deur die oog van sy lens






C. Shaw
13 Augustus 2015




* geskryf na aanleiding van 'n artikel deur 'n natuurlewe fotograaf.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek sien al daardie foto's van die droë boom teen die agtergrond van die rooi sandduine en die wolklose helder blou lug. Jy't dit mooi vasgeskryf hier.
4 jaar 3 weke 1 dag 8 ure oud


die weervoorspelling
ek se nog altyd:
n Gedig is net n foto.
n Foto in woorde.

en die spogvers van jou bewys dit.

JY het die fotograaf se siel ontbloot.
Dissekteer.
*************

(jy kan dalk oorweeg om alvorens te gebruik....help bietjie met die ritme..)
4 jaar 3 weke 1 dag 17 ure oud


foto
Carma op haar beste met hierdie pragwerk wat so saam met haar pragfotos smelt
4 jaar 3 weke 3 dae oud


Lens
Perfek. Dis die regte woord.
4 jaar 3 weke 3 dae 1 uur oud


Fotograaf
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 3 weke 3 dae 15 ure oud


Z
Omdat ek ook 'n fotograaf is kan ek met hierdie gedig identifiseer. Mens sit ure om en wag vir die perfekte foto. en jou gedig beskryf dit so perfek.
4 jaar 3 weke 3 dae 15 ure oud


herplasing
vir die droogte projek. Dankie as jy weer lees :-)
4 jaar 3 weke 3 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar