Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eens was jy heel en kosbaar
olie en water het jy gedra
krake word met tyd sigbaar
stadig begin jou vog uitsypel
soos jou draer swoeg en struikel.

Uiteindelik kom die slag
dit wat almal op wag
eenkant word jy gesmyt
vloeistof loop deur barste uit
word woestyn se buit.

Eensaam lê jy daar
stof binne jou opgegaar
geen vog wat sypel deur die sand
aan die droë woestyn se rand
net dorre barheid aan jou kant.

Saggies streel liefdevolle hande teer
sagte oë kyk vol planne op jou neer
jy word opgetel en saamgedra
sonder om eers toestemming te vra
versigtig word jy toegevou in sagte lae.


‘n Doel is sekerlik vir jou beplan
jy lê nie meer alleen in die pan
versigtig word grond in jou gegooi
van water glinster jy, o, tog so mooi
blomme in jou hart laat jou opgetooi.

Verby is jou dorre lewe van smart
jy het nou ‘n ereplek in die tuinier se hart.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentare op Gebreekte Kruik
Baie dankie Anze, ek waardeer jou mooi woorde opreg vriendin.
5 jaar 7 maande 1 week 4 ure oud


Kruik
Pragtige en hoopvolle gedig, baie mooi gepen
5 jaar 7 maande 1 week 4 ure oud


Kommentare op Gebreekte Kruik
Baie dankie Kiran en Viooltjie vir julle mooi woorde, ek waardeer dit opreg.
5 jaar 7 maande 1 week 7 ure oud


Gekraakte kruik
Pragtig, met 'n inspirerende boodskap!
Doen so voort.
5 jaar 7 maande 1 week 7 ure oud


kruik
Stukkende goed maak soms die mooiste vertonings, al wat nodig is, is iemand met 'n kreatiewe en omgee hart :-)
5 jaar 7 maande 1 week 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar