Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mense is anders
Mense ruik bloed
Mense is bang
Vir die waarheid se vloek
Die wind maak ons seer
Die reën maak ons bang
Ons vlug na die berge
Voor die verlede ons vang

Kyk ‘n bietjie rond
Na die goue spoor
Wat myle stap
Oor die grond
Ons kan niks doen
Wat ons taak sal verlig nie
Ons kan niks sê
Wat ons sal bevry van ons plig nie

Ons vernietig die walle
Wat die reën moet opvang
Ons speel met die vuur
Wat die vrede vervang
Die toue span stywer
Om ons siele te wurg
En die rotse stort neer
Voor ons die kranse oorbrug

Kyk ‘n bietjie rond
Vir die goue spoor
Wat die vrede sleep
Oor die grond
Kyk ‘n bietjie rond
Na die goue spoor
Wat myle stap
Oor die grond



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi so!
13 jaar 7 maande 4 dae 7 ure oud


Baie treffende gedig. Want die vrede wat God gee, gaan alle verstand te bowe.
13 jaar 7 maande 1 week 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar