Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bitterbessie dagbreek verkleur jou gousblom gesig,
sprei sy kombers oor die vlaktes van onthou,
wyl sy mistieke glans op die horison ontvou,
en die uil in jou hart verlig.

Dwarrel jou hand van stof tussen wier en gras,
nou nog soekend na lief, na lag.
Brand jou sand korrels wyl ek wag,
wag vir jou môre wat reeds was.

Ek voel jou pyn – ek voel jou smart,
voel jou son van onregverdigheid brand,
hier waar ek sit met jou verse in my glas,
teug ek aan jou hartseer, verydel en swart.
Bedwelmend – op normaal se rand,
verdrink ek aan jou eindlose las.



Cornien
(Opgedra aan Ingrid Jonker)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar