Gedigte

Titel: DIE GREEP
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My kind,

Hier sit ek alweer nes gisteraand met die bottel in my hand.
Ek voel skaam.
Ek wil vir jou sê "jammer ek weet nie hoe om te stop" maar hoe kan jammer alles regverdig?
Ek weet ek soen of druk jou nooit.
Of sê dat jy die rede vir my bestaan is nie.
MAAR glo my as ek sê, dat ek is lief vir jou.
Ek voel net dat na alles wat ek doen en sê, dat jy beter moet hê as 'n pa wat drink en alles verloor.
Ek weet jy kry skaam as jy jou vriende nooi en ek net lelike woorde gooi.
Jy verdien beter as dit. Dit weet jy.
Hoeveel keer moes jy my na my bed help en jy nie eens 'n dankie hoor die volgende oggend.
Maar hier staan ek, jou pa.
Net 'n man wat swaar laste dra.
Die verlede maak my seer.
En ek het gedink die drank sal dit beheer.
Maar hy het sy kloue om my.
Stywer vas as ooit.
Jy is so jonk en onskuldig nog.
En tog kan ek sien dat my probleem jou lewe sal kos.
Ek vra om hulp, want ek kan nie meer.
Ek wil normaal wees, maar ek is bang.
Jou pa


Liewe Pa,

Ek sit hier met trane in my oë.
En nou kan ek ophou wonder.
Of pa lief is vir my.
Ek is ook jammer vir elke keer se stry.
Nog elke aand vir pa gebid.
En toe seën God my met 'n brief soos dit.
Ek wil pappa help met alles wat ek het.
Ek sal elke aand op my kniee gaan voor my bed....
Onthou net een ding, pa.
Dis God wat ons hierdeur sal dra.
Dit maak nie saak of die kinders vir pappa lag.
Ek sal steeds langs pa loop en geduldig wag.
Ek sal wag dat pa weer beter sal word.
Die duiwel sal nie staanplek kry by hierdie fort.
God se fort is wat ons bou.
Op Hom sal ons fokus en nou vertrou.
Pa IS die moeite werd vir my.
En pappa gaan elke dag by my 'n soentjie kry.
Ek is jammer oor die seer.
Ek wens net ek kon weet.
Ons sal vir Pappa hulp kry.
Sondag gaan ek en pa kerk toe ry.
As ons sing sal ek pappa se hand vashou.
Al kan pappa nie noot hou.
En wanneer pappa weer so hard sing dat almal vir ons kyk,
sal ek net bly smile en trots lyk.
Ek is lief vir pappa.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar