Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar,
wanneer al wat leef en beef
met groot verwagting,
die winkels in vaar.

Ons koop geskenke en kos,
drinkgoed en balonne
en ‘n kersboom,
wat ons met leë beursies los.

Ons eet ons mae vol,
gesels en lag en raas.
Die kinders maak geskenke oop,
en iemand sit musiek aan op ‘n kol.

Buurman speel op sy trompet,
Bach se gelag,
en die owerspel van Bach
in Beethoven se ‘flat!’

Dit is ‘n kakofonie van klanke,
Klipwerf, Elvis en Jim.
Al die vrolikheid,
aan Kersfees te danke.

Dan, in die verte,
dring deur al die geraas,
‘n kerkhorlosie se slae.
Twaalfuur, Kersdag is hier oplaas!

Selfs in die oorlog, word ons vertel,
was al die gewere en kanonne,
op hierdie dag stil,
een dag van vrede, ná ál die hel.

Ons buig ons hoofde in eerbied,
en op die aandwindjie,
kom die boodskap
van die geboorte van Die Kindjie.

Stille nag, heilige nag.......



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mys
Die grootste geskenk
Dit is absoluut pragtig!!! lovit :-)
5 jaar 4 maande 2 weke 1 uur oud


geskenk
vaalseun nog n staande applous vir jou
5 jaar 4 maande 2 weke 11 ure oud


Die Grootste Geskenk
Hier het jy goed gedoen.
Die spektrum beskilder

10/10
5 jaar 4 maande 2 weke 11 ure oud


geskenk
Baie mooi gedig!
5 jaar 4 maande 2 weke 23 ure oud


geskenk
Goeie woordkeuse
5 jaar 4 maande 2 weke 23 ure oud


grootste geskenk
wow Vaalseun ek gee jou n staande applous vir hierdie mooi gedig!!! ek hou van hoe jy van lig en vrolik na die meer ernstige (waaroor alles tog gaan) beweeg op die end
5 jaar 4 maande 2 weke 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    VuurWerke

    deur die Posman

    n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar