Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jou stoute natuur
‘n saam lag enige uur
Daai vonkel in die oog
roep my na jou vir ‘n dialoog

Oe..... jou manne moed
wat diep in jou woed
Niks sal jou keer
om gevaar af te weer

Jou romantiese sy
as jou hand deur my haarlokke gly
Die bemeestering van elke deel
die liggaam so sensueel

Is die jou oopmaak van die deur
of die skottelgoed was die keer
‘n Ontbyt in die bed
die klein dingetjies waarop jy let

Wat van stel net bietjie belang in my
na dingetjies wat my hart verbly
Druk my vas teen jou bors
as die lewe se hartseer na my dors

Oorlaai my met soene
dan gee ek jou miljoene
Moenie skaam wees vir my
wys vir my jy sal vir my baklei

Skryf vir my ‘n briefie
noem my jou harte diefie
Bid vir my
dat die Liewe Vader my weg berei

Ek wil die laaste gedagte wees voor jy gaan slaap
en die eerste gedagte as jy wakker word



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Ware man
Baie mooi .......baie eg...baie gehou hiervan
2 jaar 1 maand 1 week 16 ure oud


Ware man
helna, jou beste ooit, baie mooi!Dankie.
2 jaar 1 maand 1 week 1 dag 3 ure oud


**********************************************************
Wens elke man nie maar om so vereer te word nie, klink my jy het geluk vriendin.

Groete D
2 jaar 1 maand 1 week 5 dae 15 ure oud


ware man
Mooi geskryf!
2 jaar 1 maand 1 week 6 dae 14 ure oud


'
Duidelik dat jy weet waarvan jy praat.
En..."It takes two to tango!"
2 jaar 1 maand 1 week 6 dae 21 ure oud


helna
Pragtig. Daardie man is 'n ware juweel!
2 jaar 1 maand 2 weke 2 ure oud


mans
Agter elke suksesvolle man staan ‘n verbaasde vrou.

Mans het eenvoudige behoeftes. Hulle kan ‘n hele naweek deursien met slegs drie goed: baie bier, ‘n kortbroek en batterye vir die afstandbeheer.

‘n Suksesvolle man maak meer geld as wat sy vrou kan spandeer. ‘n Suksesvolle vrou kry so ‘n man.

Mans lees kaarte baie beter as vrouens. Slegs die manlike brein kan die vergelyking tref dat een sentimeter gelyk is aan tien kilometer.

As jy nooit weer ‘n man wil sien nie, vertel hom: “Ek is lief vir jou, ek wil met jou trou en ek wil jou kinders hê ...” Hulle los briekmerke.

Mans gaan deur drie stadiums: hy glo in Kersvader; hy glo nie in Kersvader nie; hy is Kersvader.

Die vinnigste manier om ‘n man te kry om iets te doen is om te sê dat hy te oud vir dit is.

Jong mans dink ouer mans is onnosel; maar ouer mans weet jong mans is onnosel.

Vrouens maak nie gekke van mans nie –meeste mans is die “DIY”-tipe.

‘n Ordentlike man is uiteindelik maar net ‘n geduldige wolf.
2 jaar 1 maand 2 weke 2 ure oud


liewe vriendin helna
julle twee syn veur, agter, onder, boon en naas elkander
oordek met soene en liefde

baie mooi julle hou nog immer diep van elkander:-)

ps. by die soen moe jy nie baie veul lipstiffie opsmeer nie...:-)

haha

mooi gedig my vriendin!

graag gelees

groetnis en mooi dinsdag!

enrico
2 jaar 1 maand 2 weke 2 ure oud


Die hart
Voorwaar hartroerend. Mooi geskryf Helna.
2 jaar 1 maand 2 weke 2 ure oud


Helna

ek wens ek kon jou kry,
jy het alles wat 'n man mag begeer;
skoonheid, liefde, persoonlikheid en seer,
wat beteken in jou is die hart vir meneer.

dankie vir jou gedig aan die man,
jou man wat sekerlik jou begeer en eer!

xxx
2 jaar 1 maand 2 weke 5 ure oud



Van ons Premium+ lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar