Die telefoon lui
niks om jou oor te verbly
andrenalien pomp
gedagtes voel stomp
trane wil deur
ek moet dit keer
Kom… kom dink wat om te doen
jaag na die apteker wat kan die pille aan haar doen
kry haar by die hospitaal
haar longe gaan dit nie haal
Dan pleit ek by die Vader
ons moet tot U nader
minute en ure tik verby
dis sleg om so ver van mekaar te bly
Kinderjare speel af in my kop
hoe kan ek die gedagtes stop
kom net hier deur.. kom net hier deur
asseblief sonder jou is dit te seer
Dink possitief…dink possitief
haal asem…….. haal asem……..
Dankie Vader sys deur
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Vesting
Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561