Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek stap af in 'n eindelose gang
iets kriewel in my, ek is onseker en bang
die skoon skoon reuk brand my neus
hulle vertel my ek het niks om te vrees...

Iewers is daar iemand wat hoes
oral staan mense wat teen die waarheid koes
in 'n kamer neem iemand sy laaste teug suurstof
in die gang sit en wag mense vir die vonnis soos in 'n hof

Dokters en verpleegsters verdwyn in by die hysbak
die eindelose gebeep soos 'n plaat wat vashak
net die dettol en die wit mure bly oor
want vir party is daar niks meer om te verloor

Iets onheilspellends hang in die lug
'n leemte, 'n hartseer, blinders té dig
party mense jubel en ander is verstom,
want slegs die gelukkiges sien môre weer die son opkom



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hospitaal
dis so waar,maar as jy wil sidder,gaan besoek sommige staats hospitale.
8 jaar 6 maande 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar