Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Diep binne-in
verby vel en ribbebeen
verby hart , longe , lewer
verby dikderm , dunderm , pankreas
net links van die regternier
net regs van die blindederm
is die plek waar
die beheerkamer van intrige skuil .

Ja , die mens se psige
is kompleks bedraad
en anders as wat jy dalk mag vermoed
is dit niè waar
dat funksie agter vorm skuil .

Vat nou maar die brein as voorbeeld

– dit lyk verdag baie na skaapafval
stem jy saam .

En die blindederm ?

– dit lyk verdag baie na
ñ rubberige glibberige
fear factor dis .

Oops . Die blindederm pas nou nie
in die intrige nie .

Ek meen . jy kan
jou blindederm laat verwyder
en steeds soort van funksioneer

maar aan die anderkant
as jy ñ toonnael laat uittrek ...

Ouch .

Ja , giggel jy sien
daar mis jy nou die brein .

Die intrige het sopas verdiep ...


( 19/12/2015 22h27 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Intrige
Daai ouch het ek al gevoel..dis flippieng seer!! Met of sonder brein, ek pyn sommer weer!
4 jaar 1 maand 3 dae oud


Blindederm
. . . is hy regtig onnodig? Wie sal weet, want jy kan sonder hom ja en sonder die galblaas, en, en, en. Maar die brein . . . ai-jai-jai-jai-jai.

(Hét almal breins???) Myne voel nou legerig!
4 jaar 1 maand 5 dae 16 ure oud


intrige
Mmmmm, jy smokkel nou met ons koppe :-)
4 jaar 1 maand 6 dae 4 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar