Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die onthou sit soos swart verf spikkels
op my geheuebord,
toe klank sy reenboogkleur
op veelbespoke woord kon smeer
maar nou
kom kwetsend pyn,
(ge)krenk
en koud
en staan my kil te woord.

Kwesbaar sit ek
al wonderend of daardie druppel bloed
wat honger deur jou kaa verteer,
my ook kwistig
gaan kultiveer
tot trosse bittersap
en kaalgat perske kapok verniel.

En
soos jou letter rank
en lyn vertak,
'n ou legende: Koningsnaam,
los jy my mik,
met arms uitgesprei,
finaal alleen,

my laaste hoop

(ge) - knak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kaa...
Stem saak Rudi!
7 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 12 ure oud


die weervoorspelling
regtig goed uitgebeeld en besonders verwoord.die oorspronklike unieke titel trek ook aandag.
7 jaar 1 maand 3 weke 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar