Gedigte

Titel: Die Kers
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die blaker is geroes en grof
Die kers is half gebrand, en krom
Die was loop langs die kers af
Die pit is pikswart as

Die kers het al verkleur
Die vlammetjie brand lankal nie meer
Maar die blaker diế hou
Sodat die kers nie heeltemal vou

Dit voel so donker rondom my
Maar ek is bewus van Iemand by my
O Here, ek is bang!
Wat het ek tog aangevang?

Ja Here, ek het lank gelede
Aan U gegee, my hart en lewe
Maar iewers langs die pad
Het iets my vrede gevat

O Here laat my vlammetjie tog weer brand
Dat ek vir U kan leef en werk en bid elke aand
Al loop my lewenstrane langs my lyf af
Van U paadjie, wyk ek nie weer af

Dankie Heer al is ek krom
Weet ek nou U gee nog om
Dankie Heer dat U my lief het en vergewe
So wil ek dan U gebooie hou die res van my lewe



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie goeie vergelyking met die kers en die blaker.. mooi geskryf!
10 jaar 8 maande 1 week 19 ure oud


Baie Baie Mooi!
Al brand ons liggies soms al hoe flouer, sal Hy altyd daar wees om die vlammetjie weer aan te blaas.
10 jaar 8 maande 1 week 1 dag 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar