Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


eendag is daar ‘n seun gebore
Sy gesig geraam in helder skyn
gesoek deur konings en gehore
moeder-liefde in ‘n krippie klein

oomblik se nederige gebeur
en tog eeue later steeds weergalm
in sondaars-harte wat steeds verbeur
hul redding ‘n tinger groen grashalm

vir geen heiliges het hy gekom
Sy vriende tollenaars en sondaar
wat eerlik bekeer en glo in Hom
tot Hy Sy koninkryk kom verklaar

wonderlik die wete Hy sal kom
die baniere swaai reeds baie hoog
Sy engele blaas reeds die basuin
saam wag ons blymoedig op Sy troon

Refrein
Halleluja die Koning kom
Halleluja ons wag op Hom
Halleluja die bruidegom kom
Halleluja sy bruid wag op Hom

©Teárlach
30-11-2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar