Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In 'n doodsbenoude nag
kom Hy te staan
voor Sy lank voorspelde kruispad
gedwee en gewillig gegaan
met 'n soen verraai.

In daardie eensame nag
kraai die haan
Sy vriende kies die hasepad
Hy is gespot, gespuug, geslaan
telkens die ander wang gedraai.

Hy was stil en sag
bebloed,betraan
en dors gehad
Sy oë opgeslaan
na God gedraai.

Drie uur daardie dag
is die Offerlam
met die wêreld se skuld beklad
sonder blaam
Sy onskuld versmaai.

Na die derde dag
het Hy opgestaan
triomfantlik oor die kruispad
vir ons die weg gebaan
om reg te draai.

© Verdoes



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Kruispad
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 8 maande 1 week 1 dag 22 ure oud


Z
'n Opsomming van die Kruistog. Goed geskryf.
4 jaar 8 maande 2 weke 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar