Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die o van pinie
is soms baie vokaal
ja in die mond van die keiser
is ñ klinker soms maar kaal

– en is daar nie talle keisers tussen ons nie .

Politici praat baie maar sê min :
mans se gesigte skoongeskeer oë oopgesper
vrouens preuts aangetrek met ou-tannie-hare ...

( it’s all about image
delivery is maar thin

– it’s hardly ever about you , the voter ... )

Dan is daar die wat hulle opinie vir jare
agter geseëlde saamgeperste lippe binnehou
( dink aan die abused
dink aan die ouer Afrikaanse-vrou )

– victims of circumstance
slagoffers van tradisie .

Sommiges se opinie keeps us amused
( logika is beslis nie in hulle arsenal
en enige sin is purely by chance ... )

Daar is ook diè wat nie kan nie
hulle neem ander se opinies as hulle eie aan .

Ja , opinie los jou soms kaal
opinie los jou soms blootgestel

– en soms as jy dink jy’s reg
is dit moeilik om jou verkeerde opinie te laat gaan ...

My opinie ?

: Wel , as ek jou weer moet vertel
het jy beslis nie geluister nie .


( 03/11/2015 21h13 )

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Opinie
Rudi, jy het 'n goeie opinie en ek laaik dit! Vriende van my se vierjarige seuntjie het eendag op 'n 4x4 rit vir sy Pa gese: Maar pappa daardie oom het 'n lang opinie! Hulle verstaan toe nie heeltemal nie, maar by verdere navraag vind hulle uit dit is na sy bakkie se lang lugdraad wat hy verwys! Daarna het dit tradiese geword om na 'n lang opinie te verwys indien een persoon baie oor die tweerigting radis praat!
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud


luister
Dis min mense wat sosiale kommentaar kan lewer op so 'n wyse dat dit terselfdertyd vermaaklik is. Ek het die gedig geniet en daar is baie in om oor na te dink. Goeie werk :-)
5 jaar 2 maande 3 weke 18 ure oud


Die kuns van luister
Ek het die anderdag
Geluister.
Toe hoor ek wat ek nie geweet het nie
Dit is 'n dwaling dat water by die bad se uitloop, in die
Suidelike Aard Halfrond, andersom draai as in die Noordelike Halfrond
Nou weet ek nie

Het ek gehoor
Of
Het ek nie geluister nie ?
5 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar