Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

buite bot elke boompie
blomme vou oop in alle prag
vrugte bloeisels begin ontvou
voëltjies bye en vlinders versamel nektar

heerlike geure van roos en perske vermeng
in vars windjie kom geure na vore
grasperke begin groen tappyte vorm
groen boomtoppe staan regop in oggendson

voëlgesang deurdring elke tuin
krieke verwelkom lente met vreug
in plaasdam sing padda’s hul awendkoor
onder koedoe se geblaf

donderweer vorm donker wolke
blitse deurklief die hemelruim
eerste druppels plas hard ongenaakbaar neer
eens droë stofbelaaide grond word benat

styf in mekaar se arms genestel
met hernude harte wat bons
op jeugdige ouderdom
bring lente liefde ook
in hul lewens



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lente
Ag hoe verlang ek nou na n goeie reendag, en die reuk van nat grond. Ans dis pragtig.
6 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


Lente
Dis pragtig Ans, niks so mooi en vars soos die begin van lente nie, en jy beeld dit baie mooi uit in jou gedig :)
6 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


♪♪♪
Die lente laat die penne dans. Of liewer die vingers oor die sleutelbord...:)
6 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


lente
Voortreflike skets oor die lente. Mens sien dit voor jou geestesoog.
6 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar