Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is die jonkheid werklik dood,
die vrolikheid van die jeug
in die buitekamer ingestoot?
Moet ons werklik elke dag
die realiteit van werk en waardes
volgens "die sisteem" uitleef?

Is daar dan geen tyd en plek vir kreatiwiteit,
vir speel en lag en bietjie spot,
vir dans en sing,
al doen ons dit 'n bietjie vrot?

Hoeveel interaksie het ons nodig?
Sou die samelewing van ons verwag
om bloot te bly bestaan en werk te doen,
al die vreugde dalk oorbodig?

Waaruit put die mense vreugde?
Arbeid adel,
maar daar's tog diep binne
net een natuurlike breinintoksifikasie
(wat werklik werk..)
Die interaksie van 'n ander wese wat
(al is dit net met tye)
jou bestaan en denke kan waardeer..

As jou lewe se erns
jou jeug se genot verdryf het,
is daar geen sin in om
die lewe se smart
met 'n stekelrige houding
te vererger nie.

Sonder jeugdige pret
word die lewe 'n las
en interaksie met ander
'n isegrimmige blaf.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die lewe
jou slot vers se alles... mens is so jonk/oud as wat die hart voel ... jy het puik gepen hier Wv
5 jaar 5 maande 6 dae 1 uur oud


Die lewe
Raar, maar waar. Sonder vrolikheid kom beslis olikheid. Mooi verwerking van diepe denke.
5 jaar 5 maande 6 dae 8 ure oud


***
Dis 'n baie oulike gedig. Ek wil nou sommer weer 'n kinners wees, nadat ek dit gelees het :-)
5 jaar 5 maande 1 week 1 uur oud


die weervoorspelling
ja,dis jammer dat ons ons onskuld van n kind verloor.
Dat ons ophou lag.
Ophou die draak steek.
Ophou tong uitsteek.
Ophou huppel.
Ophou kielie.

and all.
5 jaar 5 maande 1 week 6 ure oud


.
Mens moet maar inkontak bly met kinders, verkieslik onder 5 jaar oud.
Saam met hulle kan jy nie anders as om te "speel en lag en bietjie spot, vir dans en sing," ... hulle gee nie om as dit so'n bietjie vrot is nie.

Belangrikste is : bly wie jy is. Moet nie net probeer inpas by ander mense nie.

Ek hou baie van hierdie een.
Dis eintlik baie diep.
5 jaar 5 maande 1 week 7 ure oud


Die lewe
Ja vriendin, jy praat so waar ek dink die jeug het vergeet wat is pret, hulle is te besig om geld te verdien vir daardie motor of huis.

5 jaar 5 maande 1 week 8 ure oud



Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar