Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Agter die breekwater
van die branders
van ñ groot oseaan
lê die wrak
van my lewe wat eens onsinkbaar was .

( Om doelloos te dobber
help niemand nie ) .

Nou leer ek ook
mens kan nèt solank
water trap

voor jy verdrink .

( Om doelloos water te trap
help niemand nie ) .

Ja , swem of sink –
dis die twee opsies
wat die lewe jou gee .

Die lewe is nie ñ monkey puzzle nie .

En jou keuses as antwoorde
by die vrae wat die lewe jou vra
is nie net ñ eenvoudig ja of nee nie .


( 18/11/2015 18h52 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ja...(of nee); miskien...
Soms sink mens eers voor jy leer om te swem. Selfs onder water!
Die lewe isi vir sissies nie...
Goed gepen Rudi!
3 jaar 10 maande 3 weke 19 ure oud


Lewe
...en wat vandag absoluut die regte antwoord is, kan more absoluut geheel en al verkeerd wees!
Ja-nee doelloos dobber sit jou op die snelweg na nerens! En tog is dit soms al wavoor mens krag het....watertrap.

Hierdie is die perfekte beskrywing van die lewe in die algemeen!
3 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud


Puzzle
Ek dink partykeer maak ons dit te maklik een?
3 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


Monkey puzzle
Dis na sy vir die hoeveelste keer vra :"Vir wat versuip jou jouself in die laatse tyd so!"
Toe
Toe lees ek vir haar hierdie verhaal van jou
Toe
Toe terwyl sy so met vraagtekens op haar voorkop weerlees en weerlees;

Skink ek vir myself nog enetjie en ek lig my glas:
"Op my wors
Boerewors!
Keep your tool cool man
Do not mors your wors!"

Ek weet nie waarheen sy verdwyn het nie -
Seker maar saamgestem:
"My lewe is 'n monkey puzzle!"
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


monkey puzzle
Nee, hehe . . . dis nie so eenvoudig nie. Daars 'n duisend antwoorde wat wissel in die mate waartoe hulle reg of verkeerd kan wees. En wat vir die een persoon reg is, is dalk heeltemal verkeerd vir die ander. Daars baie waarhede en elkeen se waarheid verskil van die ander s'n - in meerdere of mindere mate :-) Die lewe is gekompliseerd en die antwoorde is baie moeilik. Goed gedoen, Rudi :-)
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Monkey puzzle
Ja, dit is either reg of verkeerd, daar is geen middelweg nie.
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar