Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die liefde is my herder
( alles sal my ontbreek )

– ja ek glo ek weet heelwat
maar ek is eintlik ñ leek .

En my bucket list
het iewers op die langpad
uitgewaai agtergebly natgereën .

... ‘ Soek en jy sal vind ’
is blykbaar nie
van toepassing op my .

So liewe leser :
As jy eendag
die langpad ry
en stop om
te nommer een
( sommer iewers randomly )

en as jy dan
toevallig op my lysie afkom ...

wees to so gaaf
en koerier hom
terug vir my ...

Die liefde is my herder
( alles sal my ontbreek )

ja ek weet ek weet maar min

– maar dalk eendag
as ek groot is
maak ek uit die seer
uit die tragedie sin ...

Tot dan liewe leser
leef ek ñ lewe
half gewin .


( 06/02/2016 20h52 )
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Herder
Nee, ou Rudi, jy is 'n yster en jy weet baie meer van liefhe as baie ander mense! Baie mooi en oorspronlik geskyf. Ai, ek gaan jou woordkunswerke baie mis!
3 jaar 7 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Herder
UNIEK .... nes daai Rudi-ou! Ken jy hom?
Ek gaan nou kort-kort stilhou om jou emmerlysie te soek.Dalk vind ek 'n hele paar en jy kan kies waffer een jy wil he.
3 jaar 7 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


Liefde
Jou gedigte se andersheid hou ek van, ek wonder elke keer watter haas jy hierdie keer uit die hoed gaan pluk. Ek hoop jy kry jou bucket list terug. xx
3 jaar 7 maande 2 weke 2 ure oud


Herder
Ja, ou Rudi, dis hierdie soort goedjies van jou wat ons gaan mis. Like dit oor 'n honnert.
3 jaar 7 maande 2 weke 4 ure oud


Die liefde is my herder


Bly maar in aanvraag oor jou oorspronlikheid!
Welgedaan.
3 jaar 7 maande 2 weke 5 ure oud


Alles sal my ontbreek
'n Effense komiese trant,om die seer weg te steek, en dan net 'n blikkie te gee van die hart, tog diep geskryf.

Ek hou hiervan
3 jaar 7 maande 2 weke 5 ure oud


Die Liefde . . . .
Ek sal - met permissive - die lidwoord verander na 'n persoonlike naamwoord:
My liefde is my herder
nou is dit my ontbreek . . .
Dus nou is die hek oop en kan jy rondkyk - Daar is baie wie se liefde hulle ontbreek is en hulle is ook almal onverstane leke!
3 jaar 7 maande 2 weke 6 ure oud


randomly
. . . en ek voel dadelik om jou 'n drukkie te gee na ek hier gelees het.

Ai man.

Ek hoop die liefde vind jóú (randomly) . . .
Sommer baie gou ~
3 jaar 7 maande 2 weke 8 ure oud


herder
Ai, Rudi. Dit is darem lekker om hier te kom sit en dan so 'n anderste, goeie gedig te lees. Net 'n plesier vir my :-)
3 jaar 7 maande 2 weke 14 ure oud


Herder
Jislaaik Rudi. Jy is sooo flippen kreatief met daai pen van jou.

Eks mal hieroor.

PRAGTIG!!
3 jaar 7 maande 2 weke 19 ure oud



VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar