Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Trots en statig
Dra jy, in vroeër prag
Jare se verweer
Sonder klag

Eens 'n liefdesnes
Gevul met lag en traan
En kinders wat
Hul pad daarin oopbaan

Vervae potloodstreep
Op deur kosyn
Wat meet
Hoe kinder onskuld verdwyn

Tussen stukke roet en as
Klou vasberade
Die laaste onthou
Van liefdes dade



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die liefdesnes


...en ja, so vergaan alle sigbare dinge, maar God dank, die onsigbare, onsterfbare onthou en koestering bly voortleef.
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 6 ure oud


die liefdesnes
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 3 ure oud



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar