Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

No 81.

By die magtige Voz Iguazu valle
staan ek volslae sonder woorde
verstom ek my aan mens gesigte
sproei reënboog, iedere met sy strale —

Ek pleit om vergewing by U genadetroon
hoe U genade daal tot benede,
dit is ʼn fraksie van U dade
is U Almag aan elk betoon.

Al die blywende ervaring is deel van my,
so sal net ʼn fraksie bely,
deur U Genadehand is ek bevry.

Junie 1994.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Magtig
Pragtig. Die foto? Asemrowend.
4 jaar 3 dae 14 ure oud


Die magtige Voz Iguazu
Pragtige vers die... Die waterval van Sy genade wat nooit ophou vloei nie...
4 jaar 5 dae 5 ure oud


Magtig
Die Almatige Skepper se skeppingskrag en vergifnis is bo enige magte op aarde.

PRAGTIG!
4 jaar 5 dae 16 ure oud


magtig
Fantastiese foto dan besef mens op nuut hoe almagtig ons Skepper is en ja dan voel ons as mens so nietig ne. Hierdie gedig is met soveel respek en bewondering geskryf en dis soooo pragtig.
4 jaar 6 dae 18 ure oud


Die magtige Voz Iguazu.
Amen!
4 jaar 1 week 5 ure oud


Magtig
Magtig maar dit is pragtig!! Baie mooi gepen.
4 jaar 1 week 8 ure oud


magtig
Pragfoto by n prag gedig
4 jaar 1 week 11 ure oud


Magtig
Sy grote genade is voorwaar soos 'n magtige waterval.
4 jaar 1 week 13 ure oud


Magtig
WOW!Mens ervaar die grootheid en magtige krag deur jou gedig. Pragtig, Arnold!!!
4 jaar 1 week 14 ure oud


Magtig
Hoe pragtig beskryf jy die waterval van genade!
4 jaar 1 week 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar