Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



die man wat my liefhet
slingerpad
deur veld en gras
en die fynbostakkies
– wat net gister nog
sonder blomme was –
bloem welig in 'n welkomsgroet

en in die fluitsang van suikerbekkies
klink 'n blye weersiensroep
oral
waar hy ou bekende paadjies loop
wyl hy – met sy hande –
ryp sade van graspluime stroop

die man wat my liefhet
is sterk en sonder skeet
hy klim oor klip en rant
tot dáár
waar hy kan sien
hoe die witrûe dans
op strome in die lug
hy ken elke voël van die hemel,
die aarde en die bos
se vleuels in hul vlug
en hy wis waar aasvoëls
bedags hul kuikens los
in neste
teen 'n krans

die man wat my liefhet
loop al langs die vlei
by rietpolle, biesies
en wit lelies verby
wyl swerms wilde gans
– kol-kol –
op die water lê en rus
duikers sprei hul vlerke
waar hul op geboë stompe staan
en draai rugkant na die son
wyl hy sy blik
oor vlei en voël
laat gaan

*

en hy pluk 'n bossie blomme
hy maak 'n ruiker in die veld
van erika en riet
en bloeisels (soos kussinkies gespeld)
voor hy terug huis toe kom

want hy weet
ek is die vrou wat hom lief het
en ék
ek wag alreeds
vir hom




C. Shaw
26 Julie 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die man wat ek liefhet
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
3 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Die man wat ek liefhet


Mintag kind, waar het jy die towerstof van dig op jou laat kom? Of liewer nog: Waar deel die Digtersgode hulle magiese gawes uit? Vertel, vertel sodat ek 'n skoenlapper kan verlei om my ook daar te gaan doop tot 'versvervoering'!
Dis mos te dierbaarpragtig my mens!
3 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


die weervoorspelling
beautiful.
Keurig en ryk uitgebeeld en verwoord....

ek dink die man is of Jopie Adam,of Gaitsie Gubiep.
3 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud


man
Hierdie is een van jou baie mooies.
3 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud


"hy maak 'n ruiker in die veld"
net soos die man na mý hart!

Ennnn, jou liefdesgedig is net so mooi soos Karmenaadjie s'n ~ op sy eie unieke, geniale, betowerende manier!
3 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Man
Jy het net die vermoe om die pragtigste landskapskilderye te skep.

Absoluut pragtig!
3 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 4 ure oud


***
Heng, Carma, jy het dit darem baie mooi beskryf...
3 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


man
Hierdie is darem n liefdes ode soos min Carma
3 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DIE WIEL DRAAI

    deur neels claasen

    Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar