Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die lang tog van ons vriendskapspad
het 'n dekade gelede sy aanvang..
Menig kronkel en draai gehad,
soms onseker, deur ruigtes heen. volg ons sy gang...

Soos 'n simfonie
uitgevoer , soms legato-glad
dan weer volg ons die
staccato-klippe van sy gekomponeerde blad...

Saam , sag gestryk ons stille sielsviole ,
Dan tye waarin temperament-tromme se galm a-ritmies plof
Die tjello -tjanke van teenoorstaande pole
dan harmonie-harpe wat enkelspore trap in die stof..

Voor elke draai wat deur die wildernis kloof
is die weg vorentoe onbekend..
vriendskap is soos geloof
wat herstel wanneer geskend...

Ons volg die pad manmoedig
misterie wag vorentoe om die draai
Ons hoop is die lig
wat sal onthul voor hanekraai!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

misterie - foto 1
ek is mal oor jou idee om musiek by jou gedig in te bring.. absoluut puik gepen!!!! lees lekker en vloeiend.. mooi geskryf Palet
5 jaar 9 maande 5 dae 13 ure oud


foto
Ek hou baie van jou bydrae vir die foto projek...ek dink dis goed gedoen :-)
5 jaar 9 maande 6 dae 6 ure oud


misterie
elvina ek het hierdie werk seker vier keer gelees en woord vir woord ingedrink pragtig
5 jaar 9 maande 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar