Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die lang tog van ons vriendskapspad
het 'n dekade gelede sy aanvang..
Menig kronkel en draai gehad,
soms onseker, deur ruigtes heen. volg ons sy gang...

Soos 'n simfonie
uitgevoer , soms legato-glad
dan weer volg ons die
staccato-klippe van sy gekomponeerde blad...

Saam , sag gestryk ons stille sielsviole ,
Dan tye waarin temperament-tromme se galm a-ritmies plof
Die tjello -tjanke van teenoorstaande pole
dan harmonie-harpe wat enkelspore trap in die stof..

Voor elke draai wat deur die wildernis kloof
is die weg vorentoe onbekend..
vriendskap is soos geloof
wat herstel wanneer geskend...

Ons volg die pad manmoedig
misterie wag vorentoe om die draai
Ons hoop is die lig
wat sal onthul voor hanekraai!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Foto
Paragti, pratig, wragtig pragtig! Dankie.
5 jaar 9 maande 4 dae 11 ure oud


foto 1
absoluut puik verwoord!!! mal oor hierdie gedig
5 jaar 9 maande 5 dae 13 ure oud


misterie
Goeie beskrywings gebruik
5 jaar 9 maande 5 dae 19 ure oud


hanekraai
pragtig Palet soos die ander een woord vir woord ingedrink
5 jaar 9 maande 6 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar