Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kyk bewonderend na jou ,
kan een mens alleen
so voel soos ek ? .
Dan kyk ek selfbewus weg:
Dit sal nooit wees nie .
Jy sal nooit so na my kyk nie .
Maar ek kyk vinnig weer
voor die na pouse-klok lui

Ek kyk apologeties na jou ,
jy met jou kort swart-bruin hare ,
en jou tieroogklip-oë ,
jy met jou klein , fyn gesig , en ligte vel ,
jy is broos , n voëltjie .
Dan kyk jy weg :
dit sal nooit wees nie .
Jy sal nooit so na my kyk nie .
Maar jy kyk vinnig weer
voor die na pouse-klok lui

Jy wil my huis toe vat ,
goeie jy met jou kar
en jou jammer hart ,
maar ek wil nie hê jy moet my armoede sien ,
en die reuk van die dam kry ,
en die nuuskierige inwoners wat jou aanstaar beleef nie .
Ek hardloop met my kaal voete weg van jou ,
met elke fel tree wat my sole op die harde teer gee
verlang ek na jou .
Lafaard , dink ek wrang ,
Soos my tone teen die klippe ,
lafaard .

In die staats-pophuis my ma
by die melamien-kombuistafel ,
haar gesig soos klip - waarop die beitel
onkundig net ge-oefen is – gelyn .
In die klein , klein agterplaas ek :
vroeër het reënwolke saam gekom ,
en weer uitmekaar gegaan ,
maar net half , en n sonskyn-reën het begin val ,
die druppels sag soos jou oë op my .
In die grasverdringde heining
wat Genade van Groendam skei :
vuurvliegies wat soos liggies lyk ,
ek wat uit die donker daarna kyk ,
en die reuk van die dam kry .

Ek hoor jou kar nie stop nie ,
daarom laat jou stem my skrik ,
en ek sien meer as besef dit is jy .
En nou,s daar nie meer uitkoms nie :
jy gaan sien en soos n vuurvliegie vir die reën vlug ,
omdat jy ook nie sal verstaan
dat daar iets in my hart is wat jou lief het
selfs al is dit seer nie .
“ Ek het niks om jou te bied nie ,
ek het nie eers n reënjas nie ,
of aanmaak koeldrank
of die vyfrand winkel se koffie met melkpoeier by
of lewer vanaand
of brood môre-aand
of kitsnoedels oormôre-aand
of hulle oorskiet op die pap die aand daarna nie ” .
“ Het jy liefde ? ” .
“ Ek het niks om jou voor te vergoed
vir jou moeite nie ” .
Stilte , of die inwoners luister .
Jou gesig wat vertrek van pyn
as ek jou woorde daarin terug gooi .
“ n Verwaande arm mens is erger
as n onpretensieuse ryk mens ” .
Jy draai seergemaak om en loop .
Ek hoor jou kar weg ry .
Dan eers draai ek om .

In die staats-pophuis ek :
Ek sien die bloedplasse by my ma se polse .
Dit het my so lank gevat as vandat ek hier aangekom het
tot nou toe om te besef :
dit is hoekom haar gesig so gelyk het .
Ek vlug tot by die treinspoor ,
dit n kabel , ek n kinkel daarin .
Naby spook die trein se hol klank .
Die trein is n stroom :
binnekort gaan dit by die kinkel kom ,
en alles stop voor dit weer begin .
Ek kyk op , soos ek al soveel kere opgekyk het ,
en skrik as ek jou op die kant van die brug sien klim ,
en vollengte daarop staan .
Jy sien my ook , ons kyk vir mekaar ,
besef elkeen dat die een daar staan oor die ander ,
dat mekaar die laaste ding gaan wees wat ons gaan sien .
“ Ek sal af klim as jy af klim ! ”
“ Ek gaan spring ! . Jy het nie liefde nie ! . Ek het niks meer nie ! ” .
Die trein kom onder die brug deur , skud dit , rangeer die spoor .
“ Ek is lief vir jou ! ” . Ek klim af , kyk waar jy gestaan het .
Vir n oomblik is ek te lam om iets te doen .
Ek besef ek het ophou asemhaal : jy het tog gespring .
Ek begin na die trein toe loop ,
Wil voor dit verby is ook verby wees .
Ek besef dat ek hardop huil .
Dan sien ek die troebel geel kol
wat teen die skuinsste van die brug af kom
of dit vuurvliegies is ,
en die brug ons grasvergroeide heining .
Dan word dit jy , die geel jou skoolrok .
Ek gaan staan .

Ek was nog nooit so naby aan jou
soos hier en nou
waar jy teen my staan nie .
Ek druk my kop teen joune , rus jou gesig teen myne :
“ Jy kan nie liefde verkeerd spel nie , al is dit met n te .
Dis net nie reg as jy dit nie weet nie ” , sê ek .
“ En ek is lief vir jou ook ” , sê jy .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar