Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Elke nag omhels die pyn
my in sy
sieklike greep.
Ek verstar
wanneer die maer figuur
in die spieël se mond
oopgaan en
woordelose hulpkrete
die glas laat
kraak.

Maar wanneer twee hande
saggies
op my skouers kom
rus
en ’n hemelse stem vir
my fluister “daar is niks fout
met trane nie”;
wanneer die sonsopkoms
die duister verdryf
en Sy Genade die pyn
uit my menswees
trek,

weet ek
daar is nog
hoop.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Skitterende gedig. Ek hou veral van jou eerste strofe.
4 jaar 7 maande 5 dae 18 ure oud


Nag van hoop
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 7 maande 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar