Gedigte

Titel: Die oase
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Blitsige vuurpyle reën dit om my heen
Die vyand se bitsige venynige haat
Ek kyk na die dorre woestyn
Skuilplek is daar tog geen

Die son is ‘n warm, verterende vuurbal
Skreeuend deur my hele wese: Geregtigheid!
My enkel voetspore slingerend teen die duine
Waar is my Abba Vader wat my altyd dra?

Ek beur teen die steil duin op, op
My trane diep sout spore
Ek gly af, af
Heer, ek kan nie teen die steilte uit

Waarom is U blind vir die pyle?
Doof vir my smeekgebede?
Waarom het U U hart se deur vir my gesluit
U Aangesig dan vir my weggedraai?

Diep in my hartsediment kom ‘n koor
Wyl ek moedeloos ween en ween
Dit begin soos kabbelende water
Verbaas luister ek fyn

“Kom, kom na die waters van rus” sing die Herder
“Kom, kom my dogter” sing Abba Pappa
“Kom, kom haal jou kroon” sing my engele maatjies
“Kom, kom aanbid Hom” sing die Heilige Gees.

Manlief sing: “My Bruid, jy is my Liefling”
Moeder sing: “Jy is my dapper kind”
Dogter sing: “Mamma met sterre in jou oë”
Seun sing: “Mamma jy is my superheld”

Daar is baie stemme nog in die koor
Troue vriende, gebedsmaats ….
Note wat liedere gevorm het
En nou ‘n engele koor gevorm het

Die koor is soos die magtige see
Die klank druis en bruis
Dit spoel oor elke depressie gedagte
Dit was die sweer uit elke seer

Dankie Abba Vader
Dankie vir skakel-ketting mense
Vir hierdie oase koor
Ek het dit so nodig gehad



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oase
Pragtig, dis beslis daardie koor wat 'n mens dra! (Skryf hom maar weer in vir 'n volgende kompetisie;))
3 jaar 3 maande 1 week 23 ure oud


oase
Uitsonderlik gepen. So kan elke snikhete duin oorwin word deur die krag van gebed, ons moet net glo.
3 jaar 3 maande 1 week 1 dag 9 ure oud


die oase
Hannelie hierdie is n pragtige gedig, maar ongelukkig voldoen dit nie aan die opdrag van n winkelhak vers nie maw jou gedig se titel moet ook vertikaal afloop.. gaan lees asb weer die opdrag
3 jaar 3 maande 1 week 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar