Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mens maak my stil.
Stil, woordeloos en denkend.
Die mens en sy handeling.
Optrede en verhouding met mekaar.

Ek lees. Ek luister en hoor.
Die mens se kreune van pyn, verlange.
Hartseer, spyt en verdriet.
Gebreekte en verlore liefde.

Verkrummelde verhoudings.
Flenter stukke van gewese saam wees.
Verstrooi oor die skadu van sy menswees.
Vir ewig onherstelbaar

Ek kyk na die hoenders
Die Kapokkie haan met sy harem
Trots, vier en spoggerig
Neem hy die leiding

Soek, skrop en vind.
Met grootse vertoon en luide stem
Onbaatsugtig, verantwoordelik
Kom, kom my geliefdes.

Hier is iets te ete
Kom geniet jul self
Myself heel vergete
Ek het dit vir julle gedelf.

Onbaatsugtig, vol liefde en  só teer
Kan die mens maar kyk en leer
Van hierdie skatryk draer
Van die gekleurde veer.

MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
hopelik kyk die hoenders nie by ons af nie!
jip.
as ons net kyk..en sien...kan ons so baie leer elke dag,uit die natuur.
8 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Z
My Kapok haan is rooi! En hy is ook so trots op sy nasate. Maar ek dink meer mense kan maar soos Kapokke raak. Goed weergegee.
8 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


onbaatsugtig...
Openbaar jy beide deernis vir jou medemens en 'n sin vir humor. Hou ook van die vergelyking wat jy hier gebruik het! Skitterend vasgepen!! Doen so voort!!
8 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


DIE ONBAATSUGTIGE HOENDER.
Dit roer my hart, dit is harde feite. Ek hou daarvan.
8 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


=)
hehe ek moes nou lag vir kiekies se antw. interessant gedoen ja...
8 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


Hoender
Vandag maak hy sy geliefdes bymekaar en more torpedo hy by die oond uit met sy binneste vol popcorn. Jou gedig is great en laat my weer se: hoe meer ek met mense te doen het hoe liewer raak ek vir my diere. Jy kan maar nog een doen, ek lees graag.
8 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


'skuus .. weer ek ..
Hoekom dink ek dan nou ook skielik aan: What you see isn't always what you get (Dit het nou opgekom toe ek weer jou laaste twee strofes gelees het).
8 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud


--
Farmer Brown: "They taste so good 'cause they eat so good"!

Jislaaik, en so saam met daai skielike gedagtetjie dink ek aan Hansie en Grietjie ( & die heks wat hulle so mooi oppas! )

& toe dink ek aan "die mens" en al "sy" hidden agendas.

Hierdie versie is nie 'n sommer maar net se versie nie hoor!
8 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar