Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is dit die einde van wat ons is,
als wat ons behoort of na te strewe,
als ongedaan gemaak, als wat moes wees, -
Is dit die einde?
'n Liggaam verrot onder 'n plaat van klip
verteer na as in die vuur,
ook wanneer 'n gedagte ontbind, -
Is dit die einde ?
Ons passies keer die wees omhoog
raak slaags met ander harte
en mislei, met ‘n glimlag na die dood,-
Is dit die einde?
Die harp en siter lê verpletter en stom;
is die onsigbare speler dan dood?
As die boom afgekap is, waar die voël sing,
moet die musiek staak en die sanger rus?
Is dit die einde?

Totdat alles gedoen volbring is
en Hy wat die sterre gemaak het hier is,
tot die hart ontdek wie God is,
en die verstand self weet.
Ja, selfs dan, is daar geen einde nie.



Ns.: Kom ons gil teen die rondstoot van blinde aanvaarding!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

einde
Sjoe, dis baie mooi!
5 jaar 10 maande 6 dae 17 ure oud


einde
Sjoe Hennie, dis 'n sterk gedig hierdie, baie goed geskryf met 'n diep boodskap.
5 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


einde
genade Hennie, hoe maak jy my nou hoendervleis man, sjoe jy het lieflik geskryf, my gunsteling beslis.
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


einde
baie goeie en diep gedig
5 jaar 11 maande 2 weke 4 ure oud


einde
'n Uitstekende gedig, Hennie...die moeite werd om te lees. En mag daar nooit 'n einde kom aan ons strewe om dinge beter te maak nie...
5 jaar 11 maande 2 weke 9 ure oud


***
Diep gedagtes hier, Hennie...
5 jaar 11 maande 2 weke 19 ure oud


Einde
Daar is geen einde nie. Selfs al sterf ons, is dit nie die einde nie. Ek hou baie van jou naskrif. Kom ons gil....Daar word oral verwag dat ons net moet aanvaar wat in ons keel af gestoot word. Ek weier om dit te doen.
5 jaar 11 maande 2 weke 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar