Sy glimlag van oor tot oor
( soms vat dit net
die split-sekonde aanraking
van oë om met haar te toor ) .
En in daai perfekte oomblik
( so magies , so onbesmet )
is daar klein vreugdetjies wat ontspring ...
Soms in die vorm van vlindertjies
fladderend in haar maag ingeblik
soms in die manier hoe haar hand
selfbewus oor hare hare vee .
ñ Onsigbare band
word dan in sò oomblik
vir ewig gesmee .
( 19/01/2016 21h04 )