Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hy voer haar met dadels en heuning
en balsem haar son-bruin lyf
met reukolie en nektar.

Lê haar neer op die altaar van sy liefde
en laat haar lang donkerhare soos
'n sluier oor die klippers van sy hart hang.

Hy bedruip haar met die heilige water
uit die stroom van liefde wat hy diep
in die reenwoud gaan skep het.

Hy plaas sy hande in seën
oor haar deinende heuwels
laat die soel herfsbries
in haar oor fluister van liefde
en maanligrose en hande
wat haar sal dra wat haar sal beskerm
en 'n hart wat haar veilig sal hou.

Dan salf hy haar met die passie
van Himeros in oorgawe as hulle
die paradys van hulle
eie vergetelheid betree.

Hy sing vir haar liefdes-odes
sonder woorde of musiek
en sy hoor die fyn suiwer klanke
van sy liefdesverklaring as haar
brose lyf saamsmelt met syne.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

V
Die ou Zim is terug!!
3 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud


Welgedaan ...
Of jy weet waarvan jy praat ... of jy het goeie navorsing gedoen.
Mooi gedig Zymrly
3 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Himeros
Sommer staande applous!!!
3 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Passie
mooi en baie sensueel .. puik verwoord
3 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


LL
So lanklaas
Lees ek skielik vandag vir die eerste keer in lang tyd, en is dit SO die moeite werd. Pragtig Zym, dit drup van sensualiteit en is uitstekend geskryf.
3 jaar 6 maande 4 weke 1 uur oud


PASSIE
Ja nee, dis nou mooi gedig en wonderlik om te lees!
3 jaar 6 maande 4 weke 2 ure oud


Himeros
"Hy bedruip haar met die heilige water
uit die stroom van liefde wat hy diep
in die reenwoud gaan skep het"

ongelooflike beskrywing!
3 jaar 6 maande 4 weke 4 ure oud


.
liewe genade ...
3 jaar 6 maande 4 weke 4 ure oud


liefde
Sensueel en hartstogtelik
Wat kan ek se?
Die liefde bly onnaspeurlik uniek!

Puik verwoord!

3 jaar 6 maande 4 weke 5 ure oud


passie
Zym, dis voorwaar beautiful. Die liefde is so wonderlike ding, daarom al die gedigte, songs en vele meer daaroor. Goed verwoord, paradys van hul eie vergetelheid betree... so mooi
3 jaar 6 maande 4 weke 5 ure oud


himeros
wat n pragtige gdig oor die ou karakters. pragtig Zym
3 jaar 6 maande 4 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar