Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voor my sien ek 'n wit kleed aanrol
soos 'n digte mis, dit is geheimvol
en dit wurg wyl dit aangegord word
om Sy vergifnis oor my uit te stort.

'n Wit vlek tussen 'n massa skadu's
van koue vingers reik tot diep in my
en dit vroetel in donker hart-skadu's
waar die bose se krag skuil in my.

Koue vingers word strelend warm
met 'n liefde wat my wese omarm
en die bose mag verlaat my vinnig
as God se krag die hartseer verlig.

Ek weet ek kan oorwin met God
want Hy is vir ewig aan my sy!

Herskryf - 24/06/2015 © C. du Plessis
(Die Stryd - 1976-04-06. Uit Die Poort is nou)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Uitstekende getuienis.
4 jaar 9 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


Die Poort is nou
Die Poort na die ewige lewe is en bly ons Verlosser.
4 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud


Die Poort is nou
Wat 'n belydenis van 'n vaste vertroue in die dinge wat ons hoop as bewys van die dinge wat ons nie sien nie...
4 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud


Poort is nou
'n Baie diep gedig hierdie dit gryp aan die hart.
4 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


poort
Pragtig casper
4 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


die poort is nou
Ja God maak van ons oorwinnaars.ons kan nie sonder geloof en hoop oorleef nie. Dankie vir jou deel met ons.
4 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


Nou
Sjoe C, jy praat groot hoop en geloof hier, tot in die leser se hart!
4 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar