Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die spieëlbeeld van ‘n plaasdam
blink die blou-wit vinne
van ‘n Windpomp.

Jou spieëlbeeld laat my wonder
of my refleksie
ook getuig van ‘n eie perfeksie.

In die refleksie van die plaasdam
bedink ek die stilte
wat uit jou spieëlbeeld straal.

Jou refleksie laat my wonder
of my spieëlbeeld
ook getuig van ‘n eie gesigsbeeld.

In die spieëlbeeld van ‘n plaasdam
vind ek myself
in die stilte van ‘n Karoo Windpomp.

14/5/2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Puik geskryf.
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud


windpomp
Hoe wens ek, ek het nou langs daardie dam gesit :-) mooi geskryf
4 jaar 11 maande 16 ure oud


Die refleksie van die Klein-Karoo
'n mens weet nooit wat agter daardie spieëlbeeld wegkruip nie.
4 jaar 11 maande 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar