Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom ons span die riem deur my hartland;
duskant Rooiuintjiesberg onse Namakwaland

Knoop los die knop in jou keel;
gaan saam met my in die verlede deel

Sien jy elke plaas en elke hek;
hierdie is my grootword plek

Ry die sinkplaat stofpad saam met my;
oor die heimwee-brug net ek en jy

Om Torenskop, Paardekraal en Groot Toren verby;
met die paadjie waar ons die papwiele kry

Na my grondjie op Tafelberg;
in die skadu van ons mooi ou Hantamsberg

Hier tussen die kokerbome en gannabos;
hier kan jy my maar los

Ons spoortjies lê van kleindag hier;
oor klippe en om die kookskerm se vuur

Sien jy die drade slap hang;
hul was styf soos snare gespan

kampe vol skaap het hier gewei;
om ons kinders deur die skool te kry

Die blomme lê in jou leegland soos 'n bont kopdoek;
helder kleure gemeng soos in my inkleurboek

As die son gaan wegkruip doer agter die berg;
sal die sterre jou op die nag se silverdoek terg

Alleen in die skerm om sy vuur;
Outa Jakob-goed sit nou maar oor die plaas en tuur

"o'basie ekke is nou oek op die kierrie-geld;
my ouse biene ka'nie mie loep na die velt"

Hy tokkel en tune sy ou blik kitaar;
smokkel met my hart se seerste snaar

Ek sien die ou klei oond daar in die grond;
verbeel my ek ruik gebakte brood hier rond

Ek dink hoe ons koffie in die blikbeker kry;
proe vars gebakte skuinskoek daar by

As die son se strale teen die dassiekrans blink;
hoor ek die plaas geluide soos musiek weerklink

Ek sien die misweer om Torenskop;
die belofte dat die druppels aan ons venster kan klop

Ons harte juig en die lammers spring;
nuwe lewe vir die dorland gebring

Ek kry weer die reuk van skaapmis en wol in die stoor
vêrlangs kan ek die trekker en geblêr van skape nog hoor

Ek stap na die opstal stil en verlate;
my lewe voel skielik... so vol gate...

Ek dink weer terug aan die tye;
hoe ons om die tafel saam kuier

deel in mekaar se lief en leed;
ons kindwees nooit vergeet

Wat het geword van ons kinders se lag;
het ons dit verruil vir 'n besige dag?

Terwyl die dassies in die son steeds bak;
word ons tafels met nog werk gepak

Ek sien weer die oorval deur my oupa gebou;
elke klip gepak om die water te kan hou

Só pak ons ook klippe vêr van hier;
ook om water in óns damme te keer

Tussen die kokerbome en die gannabos;
hier het ek my hart en siel gelos

Bind my met n riem aan hierdie land;
Here, seën my Hantamsland



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DIE RIEM DEUR MY HARTLAND
Baie goed neergepen hoe jy voel oor jou hartland.
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Hartland
Jy het die mooiste woordskildery hier gepen, mens voel of jy saamstap op hierdie nostalgiese toer.. Baie goed gepen
5 jaar 3 maande 4 weke 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar