Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is mal oor die riffels op jou vel.
Die letsels.
Van my skalpel.

Mooi horisontaal .
Mooi parallel .

Jy is al drie maande hier .
( kan jy glo )

Ek is mal om daaroor te streel .
In die donker .
Soos ñ blinde .

Veral die riffels in die holte van jou lae rug .
Wat dan soos trappies met jou boude oploop .

My vingers en hande ken die paadjie .
Uit my kop uit .

Ek is mal oor die bekende gevoel .

Ek navigeer die paadjie altyd stadig .
Terwyl ek na die vrees in jou asemhaling luister .

My linkerhand op jou pols .
Sodat ek kan voel hoe jou hartklop versnel .

Jy is in my web .
Vasgebind .
Bang .
Bewerig .

Soms wriemel jy soos ñ wurm
maar meestal is jy net stil ...

Ek is die spinnekop wat met jou speel ...
Ek is die een wat jou lewendig hou .

Ek is die een wat jou geheel en al in my mag het .

Ek is mal daaroor dat jy so magteloos is .

Miskien kerf ek vanaand paadjies
van jou knie tot by jou lies .

Ek dink ek gaan daarvan hou
om stadig met hulle op te loop .

Ek is mal oor die riffels op jou vel.
Die letsels.
Van my skalpel.

( 09/06/2015 13h43 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Party vermoor hy dadelik. Ander hou hy as lewende trofëë. Ek sal graag in sy kop wil klim om die onderskeid te kan maak. Skitterend!
4 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud


Riffels
Hoe hardloop 'n rilling teen my rug af en weer terug teen my nek op tot by my kroontjie. Grrr is hy obsesief..gek...sadis?? Jy kan n hele speur verhaal verdig!
4 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


vel
Rudi, jy laat mens se hare rys. As iemand ooit 'n riller skryf waarin die reeksmoordenaar 'n digter is, kan hulle jou naderhark om te help :-) ek dink ek moet dalk 'n paar blomme in jou tuin kom plant, sodat jy eers weer 'n bietjie aan mooi goed kan dink . . . :-D
4 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar