Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geroep is ek, ja God roep na my
Geroep is ek deur God tot samesyn met Hom
Geroep is ek nie vir posisie of faam
Geroep is ek vir ‘n verhouding met Hom
En tot eer van Sy naam.

Geroep tot ‘n pad teenstrydig met die wereld
So anders en vreemd van my idee van dink en doen,
Dit gaan my verstand te bowe
Die wette van God, liefde vir Hom eerste en bowenal
Dan my naaste soos myself, daarin is die hele wet vervul.

Dankie my God dat U my geroep het, vir ‘n lewe buitengewoon
Waarin ek in U my volle vertroue moet toon
My hand in U sin, my geloof, hoop en vertroue in U, my vreug.in U
Sterf moet ek tot my wil en vlees, sterf moet ek tot my begeertes
Maar onderworpe aan U wil en wee gee my ‘n ervaring van U

Dis ‘n heerlike pad, dis ‘n vreugdevolle pad
‘n verwonderingspad, ‘n ontdekkingspad,
Gesaai met Sy liefde wat wys Hy gee om vir my
Van God se plan en en liefde, Sy betrokkenheid in en met my
Ek is vol afwagting, my God wat is die volgende stap vir my ?

Hierdie roeping bring ‘n vreugde in my
O die vreugde en geluk, die ervaring vir my
Dat God soek ‘n verhouding met my
Hierdie roeping vind ‘n antwoord in my
My God hier is ek en het samesyn met my

Geroep is jy, ja God roep na jou
Geroep is jy deur God vir samesyn met jou
Geroep is jy nie vir posisie of faam
Geroep is jy vir ‘n verhouding met Hom
En tot eer van Sy naam.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar