Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Van jongs af vol bewondering,
vir die Romeinse binnekring.
Ouers trots en baie kontent
en stuur hom na die opleidings tent.

Trots en kordaat, lyk hy net soos ‘n held,
met skild en spies is hy meester van sy veld.
Helmut en borsskild word oorhandig.
Van nou af is jy ‘n Romeinse soldaat – selfstandig!

‘n Volwaardige Romeinse soldaat is jy.
Veg en werk vir jou land maak jou bly.
Geen ander doel vir jou,
net hierdie belangrike werk aan jou toevertrou.

Vol verwagting in sy nuwe werk.
Gewapen, geoefen en baie sterk.
‘n Baie belangrike taak vir jou …
“By die graf van ‘n man, moet jy wag hou.”

Baie ongelukkig oor die onbelangrike taak!
Wat se verskil kan ek hier aan ons ryk maak?
Baie bedroef, moedeloos gaan hy staan,
Onseker oor wat presies hier aangaan.

Die liggaam van Jesus, toegedraai in spierwit linne
word by die graf in gedra na binne.
In my teenwoordigheid terwyl ek wag,
verseël hulle met ‘n swaar steen die graf.

Vasberade bly hy staan om te keer
dat geen Jood of Israeliet sal probeer
om die lyk van hul Messias te steel.
Al die trane en gekerm amper te veel.

Dag een en twee luister hy na gesprekke om hom
van ‘n Messias wat weer uit die dood gaan terug kom.
Op dag drie is vertel dat hy sal opstaan uit die dood
en sodoende sy volk sal kom verlos uit hul nood.

Die oggend van dag drie is die spanning in hom hoog,
want wat as die Jode die diefstal vandag sal kom poog.
Om sodoende ‘n storie te kom versprei,
en die hele mensdom daarmee te kom verlei.

Hy staan nog so by die graf van Arimathea en wonder
Toe ‘n aardbewing en ‘n vreeslike gedonder,
Die klip laat rol…
En hom sprakeloos laat om tol …

Daar voor hom rol die engel die klip weg
In sy agterkop kom die stories bymekaar en klink dit reg.
Die engel se kleding soos sneeu en gedaante soos weerlig
Uit vrees begin hy bewe en versuim hy sy plig.

Hy hoor die engel praat met die vroue,
Sy liggaam verstyf soos ‘n dooie van koue.
“Hy het opgestaan uit die dode, en gaan julle vooruit..”
Die vroue hardloop in blydskap in harde geluid.

Soos ‘n soldaat wat sy taak versuim het en skaam.
Hardloop hy na die owerpriesters, bang vir die blaam.
Na ure se beraadslaag met die ouderlinge kom hulle sê,
wat hulle van hom wil hê.

Baie geld vir ‘n klein leuentjie – ‘n baie slim set.
“Dat Jesus se dissipels in die nag Hom kom steel het”.
Bang vir blaam voor die goewerneur, glimlag hy bly.
Verseker sal hy die storie versprei, want dan is hy ook mos vry!

Vergete die stories wat hy gehoor het by die graf
en baie bly dat hy vrygespreek is van straf!
Terwyl hy die storie vertel, vat hy trots aan sy spies in sy beld.
‘n Volwaardige Romeinse soldaat, met boonop sakke vol geld!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar