Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Roos so mooi in blom verruk
So broos in geur gestik
Net Skeppendhand kon die so maak
Te fyn en sag om aan te raak.

Hy wik en wee gen beur na voor
Pluk die roos sonders stoor
Hy hou dit vas en koester sag
Teen sy bors – roseprag!

Ongemerk – ‘n doringwond
Bloed plas tydsaam op die grond,
Maar liefde vir die roos is ongedaan,
Want tyd het vir wyle stil gaan staan.

Tyd het langsaam die roos herskep
Tyd het die roos uiterlik verlep,
Maar hy wat die roos wou hȇ
Het jare saam met haar verlȇ.

Meisieprag en jongman mooi
In huwelik mekaar genooi
Om vir ewig saam te werk
Aan liefdesdade ongemerk.

Jareprag in liefdespel
Geen kommer te groot vir kwel,
Want saam was die Skepperhand
Hul hoop,
Hul toekoms
Hul getroue pand!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

roos
Pragtige beskrywings gebruik. Knap gedaan
4 jaar 11 maande 6 dae oud


roos
moekie dit is nou sommer n pragwerk hierdie. een van jou bestes dink ek
4 jaar 11 maande 6 dae 8 ure oud


roos
pragtig en teer met n lieflike boodskap
4 jaar 11 maande 6 dae 8 ure oud


Roos
pragtig gepen met so mooi boodskap!!!
4 jaar 11 maande 6 dae 16 ure oud


Die roos se lewensverhaal.

Net die Skepper met Sy tere hand, ken die broosheid van 'n roos, om ons so te kan bekoor.
4 jaar 11 maande 6 dae 16 ure oud


.
Ek hou baie van jou gedig en ook die boodskap wat dit gee.

Ek weet dis nie eintlik van pas nie, maar dit het my laat dink aan rooi rose wat ons gehad het. Daai dorings was so giftig dat as dit jou steek, kry jy bloedvergiftiging.
4 jaar 11 maande 6 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar