Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



aan die oorkant van die opdraand
aan die duskant van die drang
is die blykant van die hartstog
in die bloskant van die wang

in die doukant van die naguur
vóór die ligkant van die dag
lê die dofkant van die drome
teen die rugkant van die nag

in die speelkant van die liefde
teen die skuinskant van die hart
skuil die snykant van die passie
om die steelkant uit te tart

*

aan die oorkant van die opdraand
ná die skerpkant van die draai
lê die blomkant van die hartstog
in die droomkant toegedraai


© Vic Viviers Junie 2013



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oom Vic
Jou ou doring. Dis briljant. Sommer heelbo aan my gunsteling lysie. Mensig maar dis mooi.
6 jaar 7 maande 4 dae 11 ure oud


die rugkant van die nag
Aai elke kant is besonders mooi. n Baie interesante gedig.
6 jaar 7 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


Alkant!
Ek kan maar net DITTO op al die kommentare!
6 jaar 7 maande 2 weke 1 dag oud


Kant
Jinne Oom Vic maak nie nie saak van watter kant ek lees nie dis voorwaar 'n treffer
6 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


*
Dit is pragtig, Vic! So mooi geskryf!
6 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


die weervoorspelling
n Baie besonderse werk.
In alle opsigte.
En jou uitstaande gebruik van woordspeling hier was riskant(very few people can pull it off!)....
Jyt dit met vliende vaandels gedoen.
Die is een van jou heel beste verse.
Dalk selfs jou beste.
*Kniebuig*
*************
6 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


Pragtig!
Van al jou gedigte, is hierdie een vir my die heel beste.
6 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


Van alle kante...
Absoluut pragtig!
6 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud


rugkant
10/10 Vic. Hierdie is een van jou uitsonderlikes.
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud


rugkant van die nag
Pragtig ek hou baie hiervan laat mens dink!
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


Rugkant
PRAGTIG! Jy het beslis inspirasie gekry en nou inspireer jy ons ook. Nooit besef daar's soveel kante nie...slim gedig
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud


Kante
Baie pragtig, heerlike ritme, lekker om te lees!!
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


rugkant
Uitstekend!
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


kant
Ja nee Vic! Die gedig is puik, dit roer 'n mena se hart sommer van alkant... reguit "G" boks toe met dit! Dankie...
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud


Rugkant
Puik gedoen, dit sê alles.
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud


Liewe land!
Kom roer jy nou die hartsnare met hierdie mooi deskant van die liefde!

6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar