Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

lente het gekom met sy blomgeur en prag
nuwe geure, blomme en gevoellens het ontwaak
vars uit die grond het dit ontdooi - die velde is vol blomme
nuwe lewe het gekom, so ook nuwe lewe in ons vriendskap
dis toe ek besef ek het verlief op jou geraak

somer het opgedaag met warm en helder sonksyn dae
luilekker wou almal rondbaljaar in koel, helder water
son en saffier het helder en witwarm geskyn
mense het die son ingedrink met hulle liggame
ons liefde ook al mooi aan’t blom en vertrou mekaar

herfs het gekom met blare oral op die grond
skakerings van gele tot roesbruin/rooi
stadig maar seker verander die landskap
getooi in roesbruin gewaad met ‘n byt in die lug
ons liefde het begin verander, die dinge wat pla, word uitgegooi, nes die blare

winter bring ‘n kaal, dorre landstreek
alles lyk leeg en vaal – grys en dood
dis koud en onplesierig met ‘n geniepsige windjie wat deur jou sny
en op sommige plekke lê sneeu amper knie-diep
en ons liefde het gesneuwel langs die pad.

so is ons liefde se seisoene
eers ontwakend
dan warm, helder en vrolik
na dit gooi ons dinge wat pla uit ons verhouding
en eindig, koud, grys en dood langs die pad van die lewe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi
Mooi woorde, Sonder winters sal ons nooit Lentes kan beleef nie, dus moet ons vasbyt deur die winters met 'n belofte van lente wat kom!
8 jaar 5 maande 4 dae 18 ure oud


seisoene
Kom nou eers op hierdie een af - dis baie goed. Die seisoene van ons lewens en verhoudings so kleurvol en duidelik uitgebeeld/beskryf. Ja, so gaan die siklus aan en aan...
8 jaar 6 maande 1 week 3 ure oud


Pragtige woordskildery!
8 jaar 7 maande 2 dae 20 ure oud


Seisoene
Die winter se doodgaan is in die lewe net so belangrik. Dis hoe sade ontkiem en nuwe lewe ontstaan. Pragtige vergelykings in hierdie eerlike skryfwerk! Dink jy het my aan die hoek!
8 jaar 7 maande 4 dae 9 ure oud


seisoene
Sjoe, die een van jou is goed!! verskilende seisoene en die liefdeskringloop so goed uitgebeeld, geluk
8 jaar 7 maande 1 week 2 dae 18 ure oud


--
dis koud en onplesierig met ‘n geniepsige windjie wat deur jou sny .. !MEESTERLIK! geskryf Jellytot.

En stem ek dan nou ook heelhartige met MCE se kommentaar saam. Laat dit my so dink aan "sewe sakke sout ???"
8 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


Jy skryf dit so mooi ...
8 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


Seisoene
Die volmaakte kringloop - pragtig geskryf!
8 jaar 7 maande 2 weke 2 dae oud


...
Onthou net dat seisoen kan herhaal...
8 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


....
laat ons dus nooit die Lente vergeet...en besef die siklus herhaal homself weer en weer..


ammiemoon
8 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


...
Hoe waar is dit nie dat ons deur seisoene in ons lewe gaan nie - nie net deur liefdes seisoene nie maar ook deur vriendskap seisoene - Goed geskryf Jellytot !
8 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


die weervoorspelling
die siklus goed uitgebeeld en verwoord.
hou hiervan.
8 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gister se Onthou

    deur borrels

    ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar