Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


PROSTITUUT NO.1.
No school, no tool
Ek wou nie luister,
My ore toe gepleister,
Vandag is ek verbysterd..


PROSTITUUT No.2
Affirmative action,
Die system het my gefaal,
Laag gedaal…
Kaal vir ‘n maal.

PROSTITUUT No.3
Niemand wou luister,
Omie het my geteister,
My etiket bestem,
Lae selfbeeld is wat ek ken,
Die wêreld het my oorwen.


PROSTITUUT No.4
Soekend in die nag,
Op hulle wat smag,
Ek flirt
In ‘n mini skirt
Ek voel soos dirt.

PROSTITUUT NO.5
Ek is MIV positief,
Die dood wag soos ‘n dief
My taak is wraak…
Aan almal wat ontrou is,
Die prys is duur
Vir julle wat oor die mure gluur


PROSTITUUT NO.6           
‘n kans op geluk is net ‘n droom,
Waarom sal ek dan nou skroom
Is daar dan iemand daarbuite…
Wat worry oor my skuitjie
wat besig is om te sink?
Ek alleen in die wind
Gedienstig aan my pimp



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Prossies
So maklik om te oordeel, so moeilik om die omstandighede te begryp.Pragtig opgesom.
9 jaar 7 maande 1 week 23 ure oud


--
Jou vers laat my dink aan "Wanneer 'n mens honger het, het 'n mens honger MAAR wanneer jou kinders honger het, dan maak niks anders meer saak nie..." So dink ek dan aan duisende vrouens wat nie "keuses" het nie omdat hulle nooit toegelaat is om keuses te maak nie, vir hul`self te besluit nie, (Verwysend na "getrou aan my pimp...") At least "provide die pimp vir 'n square`meal waar daar vroeër niks was nie.

En dan skreeu my hart vir die woorde: niemand wou luister (Niemand wou keer, 'n blinde oog, en dowe oor)

TOG, daar is sommiges wat uit hagliker omtandighede ge"rise" het "to the occassion" en vandag van die strate af is ( met die voordeel van "street`wise" netjies in`plek .. met 'n oog en 'n oor )

((Obviously my eie denke by hierdie vers wat ek voel enige rigting in kan loop. Daar lê baie "edelheid" ((tussen die lyne)); amper 'n ondertoon van "spytigheid" (regret?)))
9 jaar 7 maande 1 week 1 dag 6 ure oud


Ses
BBriljant geskryf ,eenmaal op hierdie paadjie altyd daar.My hart breek vir hierdie vroue hulle het eintlik nie n keuse gehad nie ,nou word hulle verwerp . Groete
9 jaar 7 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


Mmm
Baie waar en nogal goed uitgebeeld! Hou daarvan dat jy 'n strofe aan elke prostituut gerig het. Tog, elke keer as ek verby een ry weet ek dat as dit nie vir die Here se genade was nie kon dit ek gewees het.
9 jaar 7 maande 1 week 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar