Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis toe die son die dag terugroep
en die nag sy vingers lank uitsteek
na die skemer wat deurbreek, voor
die valslig swig, wat ek my onttrek
en lang teue sluk aan die bitter
nasmaak van die bier.

Jy word die skaduwee in my pen
se punt en die buig van my nek
oor die papier waar ek 'n warboel
letters op 'n papier krap en woordloos
bid dat jy by die deur in moet stap.

Ek trek my jas stywer om my lyf
en poog om vir jou 'n brief te skryf -
te vertel van die mense wat by die
venster verby lag en wag om die
aand om te dans in die Vrydagaand
se gier en die gejag na plesier.

Die nag speel koel deur my
geheue en ek kom nie agter
dat die wolf by die deur staan en
grom omdat die honger in sy hart
die klanklose woorde word waarmee
ek jou uitnooi om in die middernag
wals saam met my te kom draai.

Maar al wat by my bly is die nag
wat sy vingers lank uitsteek en
die skaduwee in my pen se punt wat
my jas stywer om my lyf laat krimp -
maar nie die nag se koue spel uit
my geheue hou en die wolf aan
die oorkant van die vloer laat
tande wys en grom -

En ek bly stom want jy bly die
skaduwee in my pen se punt.


© Christo du Plessis 2010-11-27 / 17:45



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek
sal my regtethand gee om so te kan skryf! Dis absoluut 'n meesterstuk en dit raak aan 'n mens se hart.
7 jaar 8 maande 5 dae 12 ure oud


:)
Ek het die ander kommertaar gelees en dit is op sig self meesterswerke, so al wat ek kan byvoeg is ...miskien eendag as ek groot is, sal ek so kan skryf!
9 jaar 4 ure oud


die skaduwee in my pen se punt..
hartseer diep verse weereens briljant geskryf Zymrly
9 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


Uitstekend, en baie seer. Gooi die wolf met n vuurkool!
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


Verlange wat deur die koue van 'n seisoen en die alleen op 'n Vrydagaand versterk word. Sjoe, uit die boeke (en uit die hart) geskryf - wat meer kan ek se. Jy het reeds alles gese.
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Puik! ....soos altyd! Uitstekend, Zym!
9 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Asemophou/wegslaan werk
Woordeloos pragtig....
9 jaar 2 maande 4 weke 1 uur oud


Ongelooflik geskryf! Hierdie is verseker op my gunsteling lys!
9 jaar 2 maande 4 weke 2 ure oud


Soos altyd, skitterend geskryf Zymrly .. jou titel is !Treffend! .. jou woord`spel tot by "En ek bly stom want jy bly die
skaduwee in my pen se punt." **!Prima!**
9 jaar 2 maande 4 weke 5 ure oud


Ek staan klein en stil voor hierdie grootse werk.....en die seer skuur binne my...


ammiemoon
9 jaar 2 maande 4 weke 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar