Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir my het skemer reeds vroeg begin
om presies te wees, elf uur
in die dokter se spreekkamer
skemer? wat praat ek tog, nag!

“Ek het slegte nuus mevrou”
o nee! het my hele wese geskree
ek dink my hart het ‘n oomblik gevries
dit was soos ‘n doodsvonnis

ek het nie werklik kennis van kanker gehad nie
in tydskrifte het ek verby die kanker opskrifte geblaai
in die spreekkamer was nie pamflette nie
maar wat ek wel gedink het mense sterf daarvan.

Tuis het ek op my bed gaan lê en bitterlik geween
was vas oortuig dat ek sterwend was
heelnag het ek met die Here geworstel
ek was opstandig en beangs

ek kan nie nou sterf nie Here, ek mag nie
wat van my kinders, ek het nog baie wat ek wil doen
as U my lewe spaar sal ek . . .
as U my net ‘n tweede kans kan gee, ek belowe om . . .

so stry ek heelnag en maak beloftes
innerlik vreet die vrees my op
ek het gespartel en was so uitgeput
dat ek nie die son by my venster gewaar het nie

en onmiddellik besef ek
dat indien my geloof sterk is
God vir my na elke donker nag
die son sal gee vir nog ’n dag
ek is mos Sy kind waarvoor al die twyfel dan.

Oktober 2006



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die son op my vensterbank
Pragtig gepen.
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


Vensterbank
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
4 jaar 9 maande 5 dae 16 ure oud


Son
Lieflike werk... uit die hart... pragtig !
4 jaar 9 maande 6 dae 15 ure oud


Die son
Om moed te hou - is dit nie die heel belangrikste ding in hierdie lewe nie? Ek's bly jy het met ons gedeel en is deel van ons.
4 jaar 9 maande 6 dae 18 ure oud


son
en vandag is Bets nog met ons om ons met haar pragwerke te vereer
4 jaar 9 maande 1 week oud


Son . . .
en hier is jy vandag nog! Wonderbaarlike genade . . .
4 jaar 9 maande 1 week oud


Die son op my vensterbank
So baie smeek vir 'n tweede kans op die lewe...
4 jaar 9 maande 1 week 4 ure oud


Son ...vensterbank
Om sulke nuus te kry is beslis nie maklik.Gelukkig het God in Sy alwysheid jou 'n tweede kans gegee
4 jaar 9 maande 1 week 14 ure oud


***
So waar, Bets.
4 jaar 9 maande 1 week 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar