Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Reënboogkleur-lappieskombers,
wit, oranje, geel, pienk, pers,
vertel elk hul sprokiesvers.
Grasgroen grondbedekking
met spikkels hier en daar,
deur natuur se eie verfkwas
pronk op elk’ groenblaar.

Lelies, Jasmyn en Katjiepiering
sprei geur in wind se wange.
Soet stuifmeelstof vlokkie-val
dartelend oor beddings rond.
Rose kelk oopbek in prag
staan soldaat- penorent,
salueer vader son wat lag.

Tuin-voëls sopraan die lente,
en bytjies dra hul volle vrag.
Tuinier skaterlag twee-tand
soos hy snoei, spit en hark
want elk lente-geboorte
aanskou hy self-skep trots
saam Skepper sy speelpark.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Jy nooi die leser uit om in hierdie mooie tuin te ontspan. Goed geskryf.
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


Tuin
Ai ek kry so warm-hart gevoel en sien nou sommer uit na die lente!
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


Tuinier
Wat 'n vrolike tuin ! Laat 'n mens sommer wens dus al lente.
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Tuinier
Baie mooi verwoord
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud


die weervoorspelling
nice een.
klink na n lushof.
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud


Tuinier
Pragtig gepen....

Reënboogkleur-lappieskombers,
wit, oranje, geel, pienk, pers,
vertel elk hul sprokiesvers....

Jy laat mens die tuin sien en ruik
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 3 ure oud


Tuin
Ek ruik die tuin en voel die windjie oor my waai. Goed gedoen Evelyn.
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


Tuin
'n Pragtige tuin wat jy skep. En die satisfaksie wat die tuinier kry uit sy handewerk is goed uitgelig. Iets om oor te dink.
Pragtige skrywe
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


tuin
soos karmenaadjie dit stel, ek sien hierdie lushof voor my geestes oog
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


tuinier
Sjoe dankie vir so pragtige, positiewe gedig. Ons kyk soms die eenvoudige dingetjies mis wat die lewe spesiaal maak
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


tuin
Ek kon alles glashelder in my gedagte sien afspeel. Goed gedoen!
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


tuin
Sjoe, jy het nou 'n lushof hier los geskryf. Kan dit in imagine.
Wens daai tuinier wil by my 'n draai kom werk, my plumbagia boompies en heining is al weer heeltemal uit hul vorm uit.

Hierdie een het ek nou baie geniet, dankie.
5 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar