Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



MY liefling,
Die tyd saam met jou
So kosbaar en spesiaal,
diep het dieper geword,
Mooi het mooier geword,
Vry en ongebonde,
Altyd saam,
Geluk in oorvloed.

Saam met jou my liefling,
Sal ek berge versit,
Haal jy die beste uit my uit,
Keer op keer,
Vul jou liefde my menswees aan,
Jou teenwoordigheid laat my blom,
Jou hande vereer my,
Jou oë penetreer my siel,
Kyk in elke verborge hoekie in,
Jou lippe bedwelm my,
Gevoel wat tyd nooit afgewater het,
Altyd sterker en dringender,
Meer opreg as ooit,
Sonder aansitterigheid,
Absoluut eerbaar en opreg.

Tyd saam met jou,
My liefling,
Kan geen geld in wêreld vervang,
Niks kan daarvoor vergoed,
Ewigheidswaarde,
Soete herhinneringe,
Wonderlike oomblikke,
Tyd saam met jou.

Dankie my liefling,
Elke oomblik in jou teenwoordigheid,
Ware fees,
My hart, siel en gees
Totaal afhanklik van jou,
Verslaaf aan ons liefde,
Tyd is kort,
Herhinneringe baie,
Liefde in oorvloed,
Ewig en altyd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tyd
Ek sien hierdie is n ou gedig van jou maar sjoe ongelooflik pragtig is al wat ek kan sê. dit wys net op die prag en die mooi van die liefde
3 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud


Tyd
Net ware liefde kan so dig. Gelukkige hy.
3 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


Die tyd saam met jou . . .
Sjoe . . .

Dis nou uit die hart en hele wese

Baie goed gedoen.
3 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


O
Groot kompliment vir hom ... pragtig
3 jaar 4 maande 3 weke oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar