Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hendrik Haan het hulle bymekaargeroep.
Met ’n harde kraai op Boer se stoep
het hy vir die diere op die plaas gesê
dat hy vandag ’n vergadering belê.

Al die plaasdiere het toe byeen gekom,
om oor Boer se behandeling teenoor hulle te brom.
Maar ai o wee
iets hou hulle teë
want niemand is lus
En die rede is:

Hans die skaap
die staan en slaap.
Org die vark
is lekker verward.
Hessie Hen het kekkelend gesê:
Ek het tog ’n eier gelê!

Kietsie, Boer se kat
het agter Muis aan laat spat.
Wagter, die plaaswerf se hond
staan maar net daar rond.

Koeloe die Kalkoen
weet nie wat om te doen.
Blommie die koei
wonder wat hier uit gaan broei.

Net Poon die perd
dink dis die moeite werd.
dat almal hier bymekaarkom
om eendragtig oor Boer se houding te brom.

Boer sien dit verwonderd raak.
Vir hom is dit ’n snaakse saak
dat die plaasdiere so saamdrom
sonder dat daar ’n storm aankom.

Hoe sal Boer dan nou ook weet
die diere het ’n dringende saak beet?
Maar wat kan die diere tog daaraan doen
as om hulself met hul lot te versoen?

En o wee almal se mening verskil!
Wat ’n dierlike deurmekaar spul!
Want almal kla en grom en brom
en van die vergadering het daar niks gekom!

Hieroor was almal weer verstom
want hulle het tog bymekaargekom
om oor Boer se houding te kla
en te praat oor alles wat pla.

Want Blommie Koei en Poon die perd
Sê: “Ons is vir Boer so baie werd
ek laat hom op my rug ry
en by Blommie kan hy melk kry.”

Wagter Hond en Kietsie Kat
Sê: “ Nee ons dink ons gaan lat spat.
Ek sorg dat Boer veilig is
en Kietsie moet vir Muis uitwis.”

Hessie hen kekkel en sê:
“Ek is die een wat vir boer eiers lê.
Vir my sal hy tog altyd hou,
dis hoekom hy vir my ’n hok bou.”

Hendrik Haan en Koeloe Kalkoen
vra: “Nou wat moet ons ou tweetjies doen?
Kersfees is nou net om die draai
dan gaan ons twee se nekke waai!”

Org. Die vark en Hans die skaap
Sê: ( onder poon se luide gaap)
“Vir ons twee gaan hy ook wil slag
net ons vier betaal die gelag.”

“Hou julle vier tog op met woel
Dit is mos hier op die plaas jul doel
Want julle is mos kos vir Boer
Dis die rede hoekom hy jul voer!”

“Ons ander vyf het ander werk
Daarom maak Boer vir ons sterk
Hessie Hen moet eiers lê,”
het Poon die perd aan hul gesê.

“Wagter Hond en Kietsie Kat
Moet huis op pas en Muis aanvat
Op my moet hy ry in die veld
Ek spaar hom daardeur baie geld.”

“Goed julle Die vergadering is verby,
Hendrik Haan het nie sy sin gekry,
vyf teen vier het ons gestem
Boer het die oorlog teen julle gewen.”

“Almal het ’n doel hier op die plaas
So hou maar tog net op met raas
My woorde laat jul miskien verbaas
maar op hierdie plaas is boer die baas!”
 



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Dit was nou lekker verby
die mooiste gediggie vir my
jammer dat hulle geeët gaan word
en gaan beland op iemand se bord
maar dis maar hoe die lewe is...♥

5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


Die boer bly die baas al is die diere aan die raas. Lekker humoristies met 'n dieper mening. Ek het dit geniet.
5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar