Weergawe: 1
Aantal woorde: 632
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 11 Mar 2010
besluit geneem na ontdekking van die pit
wat heeltyd in my skoen en in my kop krap
swaar hart en swaarder voet begint ek stap
die deur bereik en oor die drumpel getrap
ek tel nuwe rowe op met my eerste stap
vrek seer maar aan myself moet ek eien doen
alles word so gelos huis hart en moedersoen
hoe ek wens mense sou kon verstaan
hoekom ek so ver moes rokof hiervandaan
maar soos ons grootjie mense vammelee
hul het ook gevoel daar is beter oor die see
uit hulle Frankryk Duits Neder en selfs Griekeland
oor diepe duiwels moes seil en alles moes verpand
vir 'n sitplekkie op 'n skip na 'n nuwe oord
aan wal gestap het en later trek-os noord
want hulle wou vry wees van die wat wou beheers
owerstes en wette en inperking van die gees
en al is my situasie nie so vrek swak
is dit nogsteeds erg en baie vol twak
dis nie dat ons almal skrikbevange weghol
dis nie dat ons net in anner plekke wil jol
ek het 'n droom gehad van kindsbeen af
wat nie geblus sal word en gaan na die graf
om hartsbegeerte te hê moet ek Voortrekker word
vir my lewens drome SAL ek myself omgord
o hopelose hoop en domme durf en daad
want alles sal ek moet los en moet verlaat
om terug te seil na waavendaan ons lot kom
te wys voorsate het op ander grond geblom
skelm brein proviand te kom haal
in pand te ruil vir afrika durf en staal
in die smede van hulle blink instansies
leer en steel ek saggies aan hulle finansies
ek is amper stamper daar als is byna byna klaar
maandelikse skatte terug gestuur in hopies swaar
warm wyfgryp en viking strooptog snel
sal ek eendag vir die vliegtoestelle bel
"hou tog net twee sitplekke oop!
julle is tog baie vinniger as 'n boot!"
so beplan ek my terugtog elke dag
want ek ken geen sterre in hierdie nag
maar suiderkruis sal ek weer kykend staan
wasem karoonag helder onder silwer maan
snaaks ek voel nie jammer dat ek buite was
wat ek wou wees kan jy nie hou in 'n kas
al kla en kerm mense hoe baie erg
het hul nie 'n idee wat dit moes verg
om tussen vreemdelinge te eet
om tussen uitlanders te sweet
te leer hoe dieselfde die wêreld eintlik is
alle mense is so vol liefde en so vol twis
almal van ons die hele mensdom elk
ons suip almal tog die mammalia melk?
ons is almal lief vir onse vrouens?
ja, ek gee nie om al lief jy ouens!
partykeer sit ons so vas in ons landjies
sien nie verder as die verste randjies
miskien moet ons almal Voortrekkers word
so laat klap die voete en gaan dan vort
as jy eendag moeg gestap is die wêreld vol
kan jy weer enige tyd terug in jou jaart rol
dis presies wat die meeste van ons doen
gaan wandel rond tot ons moeg raak vir groen
mettertyd kom ons weer na ons huis
al is ons daar weg met jou swaaiende vuis
gorrel gebabbel dat ons lafaards en hensoppers is
maar luister hier china en jy moet jou nie vergewis
my lewe is soveel ryker en ek bring nuwe bloed
my isak bruid het ek gaan haal en gaan soek
die hoof is propvol van hul brein proviand
ek het gaan haal wat ek nie kon vind in die land
teruggekeer met meer as wat ek hier kon skraap
ons gesin kan nou bietjie meer dieper slaap
hier is ek nou en help myself en ander
en al wat dit gevat het was guts en 'n skip en brander.
Lees ander gedigte deur Aap sonner hart
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur die Posman
n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.