Kan 'n man 'n vriendin dan bemin
Hoe verklaar mens dan die gevoel
Dat die gedagte aan jou my hartsnare woel
Jy is soos 'n sonstraal vir my
Een wat deurbreek na jare se koue
Aankondig die winter is verby
Ek het nooit gevra dat ek so voel
Wat is dan die rede, wat is die doel
Soggens as ek wakker word dink ek aan jou
Saans as ek gaan le wil ek jou net vashou
Ewige stryd hier binne in my
Voel jy dalk miskien die selfde oor my
Jou glimlag jou lag die plooitjies om jou mond
Die sagtheid in jou oe, ook die seer, elke wond
Jy soos 'n onbekombare skat
Die pot by die reenboog wat ek nooit sal kan vat.
Ek sou jou my alles gee as jy my sou vra
Vir jou 'n 1000 myl loop, jou op my skouers dra
Watter onsigbare mag het jy dan oor my
Vat my vir jou, of laat my net vry
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.